Bestandele: 

2 eiers 
125 ml suiker 
250 ml melk 
30 ml margarien/botter gesmelt 
500 ml koekmeelblom 
20 ml bakpoeier 
2.5 ml sout 

Metode: 

1. Klits eiers en suiker saam. Voeg 125ml melk en gesmelte botter by. 
2.Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel. 
3. Voeg orige melk geleidelik by om ‘n gladde mengsel te vorm. 
4. Moet nie mengsel roer nadat alles gemeng is nie. 
5. Bak in gesmeerde ringpannetjies(griddle) of drup lepels vol op ‘n warm gesmeerde stoofplaat. 
6. Bak eers die een kant en as dit bo-op vol lugblasies is, draai plaatkoekie met slaplemmes of eierspaan om en bak hulle aan die ander kant tot dit ook mooi bruin is. 

Sit voor met stroop of heuning, geroosterde piesang en twee stukkies spek.